FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oomblik vir altyd ( 24 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 24 )   Empty Oomblik vir altyd ( 24 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 13 Dec 2011, 12:20 pm

    Die pad na stukkend
    is soms duiseligwekkend
    met styl afdraendes
    en styler afgronde aan weeskante
    ( sonder barriers )
    en blinde haarnaalddraaie
    ( met groot lang lorries
    wat van vooraf kom
    en slangend
    oor die witstreep sper )
    en teen die tyd
    wat ongeluk onafwendbaar is
    jy verskrik afkyk
    en agterkom jou safety belt
    is nie vas nie
    en jy verwoed paniekerig uitswaai
    om die impak te vermy
    is dit te laat
    en tol jy buitebeheer
    by die afgrond af
    flits jou lewe by jou verby
    en voor jy jou kan kry
    lê jy gebreek en stukkend
    vasgepen
    in die wrak van jou lewe .

    Dis dan
    wanneer die liefde van jou lewe nie
    ( soos die wet vereis )
    by die ongelukstoneel
    stop nie
    and you leave
    to your own devices .


    ( 09/11/2010 13h11 )

    > Arive Alive <
    is nie so maklik nie .

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 5:16 pm