FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Wanneer die son nagsê.

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wanneer die son nagsê. Empty Wanneer die son nagsê.

    Post by Joan Lotz Mon 12 Dec 2011, 6:39 pm

    Wanneer sonnetjie stilweg dag nagsê
    in goue glans oor die hemelruim lê
    versag tot perspienk dan wegraak
    vervulling van sy getroue dag taak

    die nag ons half suutjies bekruip
    maan en sterre die hemel bedruip
    naglewe uiting gee en begin straal
    gewoel van bedrywighede oorhaal

    flikkerende neon, straatligte in rye
    voorloop van nagtelike plesier tye
    tot volle swang kom en stil word
    naglewe het sy siel klaar uitgestort

    muise skarrel voor swiepende uil
    soek plek om van gevaar te skuil
    jakkals se roep van vêr opklink
    daglumier al weer vir ons wink

    sonnetjie vroegoggend dag kom groet
    volmaak deurnag,sonder onheilsgloed
    chaos en oorloë het ons nie geraak
    hoër hand heeltyd oor ons gewaak.

    ©13/10/2010 Joan Lotz
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Wanneer die son nagsê. Empty Re: Wanneer die son nagsê.

    Post by Louisa van Vliet Mon 12 Dec 2011, 8:51 pm

    Baie mooe gese Tannie joan
    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wanneer die son nagsê. Empty Re: Wanneer die son nagsê.

    Post by Joan Lotz Sun 18 Dec 2011, 12:37 am

    Baie dankie, Louisa...bly jy was hier!

    Sponsored content


    Wanneer die son nagsê. Empty Re: Wanneer die son nagsê.

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 5:10 am