FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wanneer die son nagsê.

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Wanneer die son nagsê. Empty Wanneer die son nagsê.

    Post by Joan Lotz Thu 03 Nov 2011, 1:11 am

    Wanneer son stilweg die dag nagsê
    in goue glans oor die hemelruim lê
    versag tot perspienk dan wegraak
    vervulling van sy getroue dag taak

    die nag ons half suutjies bekruip
    maan en sterre die hemel bedruip
    naglewe uiting gee en begin straal
    gewoel van bedrywighede oorhaal

    flikkerende neon, straatligte in rye
    voorloop van nagtelike plesier tye
    tot volle swang kom en stil word
    nagdrama sy siel volkome uitgestort

    muise skarrel voor swiepende uil
    soek plek om van gevaar te skuil
    jakkals se roep van ver opklink
    daglumier al weer vir ons wink

    sonnetjie het die dag kom begroet
    volmaak deurnag, was ons behoed
    chaos en oorloë het ons nie geraak
    Sy hand het heeltyd oor ons gewaak.

    ©13/10/2010 Joan Lotz

      Current date/time is Mon 06 May 2024, 6:10 pm