Stil-stil het ek uit jou lewe verdwyn
wyl herinneringe onverpoosd intens skryn
versot op vriendskap wat guitig bloei
gevoelvol, meelewend, in my groei
verblydend warm, maar dit was gister
stil-stil moet ek die lewenslyn staak
my hart toeganklik, maar onbewaak
afhanklik van ons daaglikse gekuier
rondom emosie diep binne versluier
was nie so bestem, maar dit was gister
stil-stil raak my gewete erg beswaard
sielsoeke na vrede, intens, onbedaard
bewustelik dreig en laai meer skuld op
doelgerig hou ek aan daarteen skop
wil ek dit keer, maar dit was gister
gister, intensiewe introspeksie gehou
gister, mekaar onteenseglik vertrou
stil-stil mag ek eerlik om vergifnis vra
wese nie meer sielsellende ronddra
gister vir ewig die vergetelheid inja.
2011/11/21 Joan Lotz
wyl herinneringe onverpoosd intens skryn
versot op vriendskap wat guitig bloei
gevoelvol, meelewend, in my groei
verblydend warm, maar dit was gister
stil-stil moet ek die lewenslyn staak
my hart toeganklik, maar onbewaak
afhanklik van ons daaglikse gekuier
rondom emosie diep binne versluier
was nie so bestem, maar dit was gister
stil-stil raak my gewete erg beswaard
sielsoeke na vrede, intens, onbedaard
bewustelik dreig en laai meer skuld op
doelgerig hou ek aan daarteen skop
wil ek dit keer, maar dit was gister
gister, intensiewe introspeksie gehou
gister, mekaar onteenseglik vertrou
stil-stil mag ek eerlik om vergifnis vra
wese nie meer sielsellende ronddra
gister vir ewig die vergetelheid inja.
2011/11/21 Joan Lotz