FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Spoke van gister

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Spoke van gister Empty Spoke van gister

    Post by Manie Jackson Tue 06 Sep 2011, 3:59 pm

    Vrees ek soms die sondes van die verlede
    Wat ek myself soms moeilik kan vergewe
    Bang dit sal my nog besoek
    Sal die Vader my behoed?
    Te veel vir my om te dra
    Sal die boet wees wat hul vra

    Dit die produk van my wysheid
    Dwing die ongena my tot die grysheid
    Sal die pyn nooit nie haas
    Want ek is ook nog so dwaas
    Soek ek dan die donker op
    Om te peins, O, my kop!

    Stel jy nie belang
    Wat het jou gebind, gevang?
    Is ek smagtend in my hoekie
    Sal die eensaam my versoek nie
    My tralies en skanse
    Verjaag dan my kanse

    Nimmereindigend die slae!
    Moedeloos – verdrae.
    Fustrasie en soveel woede
    Opgehoop sal my behoede
    Telkemaal val die houe
    Vrees ek die werklikheid, die nag, die koue.

    Is die wroeging my eie kweek?
    Ek die oorsaak van die wreek?
    Is die verderflike oue leun
    Dalk my waarheid waarop ek steun.
    Vergif ek so my eie sin
    Verdryf ek die wat my bemin?

    Maak ek op myself dan staat
    Dat ek dan van God verlaat
    Wens ek, weet ek hoe om te bemin
    Moeg van afbreek, voor begin.
    Dis seker maar die lewe
    Is ek dankbaar vir vergewe

    Eens het ek alleen geloop
    Was ek toe vol van hoop.
    Word ek dan geboei, gelei
    Is nou weg ook my vry
    Weet ek nie hoe om te glo
    Bid ek genade van bo!

    Wonder ek oor die droom
    In die verwoester is geen skroom
    Gooi ek my poorte na buite oop
    Enige een kan binne loop
    Raak ek soms opgewonde
    Maak dit ook net nuwe wonde.

    Ek so moeg vir al die seer
    Oor en oor weer probeer.
    Ewig gevang, bederwe
    Pyn wat aan my hart bly kerwe
    Smagtend na die lewe
    Jou arms, die vrede.



    Manie Jackson 2-09-2009



      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 9:44 pm