FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 13 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 13 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 13 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 25 Nov 2011, 2:01 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    as jou hart maar Everest was
    het ek die snerpende koue
    en die stormwinde trotseer
    om die toppunt te bereik
    en my vlag van liefde daar te plant

    en sou ek in my poging faal
    sou ek harder oefen , teruggaan en weer probeer
    soos ñ goeie ernstige bergklimmer betaam .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    nou is ek net ñ gewone man
    en is jou hart nie Everest nie ,
    maar jou liefde wil ek steeds wen
    en jou hart wil ek steeds oorwin
    al vat dit my ñ leeftyd .

    So , nou skryf ek maar die gediggie vir jou
    met ñ hand wat bewe en ñ hart wat warm klop
    met die hoop dat jy my tussen die lomp lyne
    en my bewe-skrif raak sal lees .


    ( 28/04/2011 16h44 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 2:47 pm