FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    As my hart sirkels dans

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    As my hart sirkels dans Empty As my hart sirkels dans

    Post by BennyB Sun 20 Nov 2011, 5:17 am

    Dwaal spoor
    loop soek ek
    tussen goue koring are
    wat my klam lyf seën
    die crop circles van my drome
    tevergeefs
    sleep ek nog soekend
    drome in ‘n sleepsak
    vol gate

    Rooi yster grond
    lei my na droë doring bome
    die hartland
    my bosveld
    'n laatmiddag donnerstorm
    verkwik my siel
    en bring lewe
    na verharde dooie are
    steeds loop ek in sirkels
    ‘n siel steeds leeg
    soekend na vervulling

    Na die anderkant van my hart
    daar word ek ge magneet trek
    as ek deur lanings ou eike bome stap
    lavender reuk my gemoed lig
    en die persblou
    my welkom heet
    dan weet ek het hier
    in die hartjie van die boland
    in memory van Franse hugenote
    ja net hier het ek my rus gevind
    die wit plaas huisie
    in ‘n see van persblou
    hier dans my hart ring sirkels

    BennyB
    © 02/02/2011 Barend Booysen


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 3:09 pm