FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Dans in die reendruppeltjies

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Dans in die reendruppeltjies Empty Dans in die reendruppeltjies

    Post by Louisa van Vliet Thu 12 Apr 2012, 2:23 pm

    Rondtomtalie, rondomtalie, draai sy al in die rondte,
    glinster ogies vrolik en bly, met laggie klokhelder
    terwyl armpies uitgestrek na kante,
    al in die rondte in die reendruppels draai.

    Kaalvoetjies hardloop sy van boom na boom,
    met blye blydskap van reentjie wat val.
    Dogtertjie klein, maar 3 jaartjies oud,
    geniet die reen soos niemand anders kan

    Van kleins af lag sy van druppeltjies val op haar wang
    geniet elke oomblik van handjies wat druppeltjies vang
    sorgvry deur die water min gepla van rokkie nat
    met voetjies wat trap, trap in waterplas.

    Hoe sonnig koel lyk dit wanneer glimlag
    en ogies soekend na iemand wat mag kyk
    watertjies wat van haartjies af drup
    en ‘n kinderhartjie te bly om in water te speel .

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 10:01 pm