FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    '' Dans met my ''

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    '' Dans met my '' Empty '' Dans met my ''

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 5:42 pm

    'n heuning melodie druip teen growwe bas,
    refrein binne my -
    '' Dans met my ''

    gestol teen skanse van my vesting
    braille ek jou fluistering wat kleef
    aan bloeiskedes van my labirint tuin,

    eien ek jou buitelyne teen mure
    van my halfweghuis,wyl ek my hart
    se vrese en donders demp -

    steeds voelbaar my diafaan hunker
    na iemand
    wat die kalligrafie van my naam verstaan;

    jy wink en sug laag in hol gange
    van my ontruimde niemandsland
    en ek gee huiwerig my hand
    om teen skemer (saam met jou)
    wankel treë op die dansbaan van die lewe te gee,

    met steeds 'n ewige heuning refrein
    wat resoneer binne my -
    jou lippe wat prewel '' Dans met my ''


    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 4:36 am