FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Swart en wit van ek

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Swart en wit van ek Empty Swart en wit van ek

    Post by BennyB Tue 08 Nov 2011, 3:53 am

    As my hart klop
    aan donkermaan se deur
    wie sal jy wees,
    wat sal die storie
    in jou oë my vertel ?


    Sal my knieë jellie
    as jou arms my omvou?

    Sal jy antwoord op my roepstem,
    sal jy verstaan
    as my hart sweet nothings
    op 'n rooi tapyt voor jou voete lê ?

    'n Mymering
    of jy sou tango en two-step
    in my dans van lewe, drome en woorde,
    my verlange in wonder.
    Sou jy my vind in oop spasies
    van my notaboek
    se ink besmette blaaie?

    Sou jy verstaan
    die doodse stilte,
    die ander kant van my kop
    in kontras, my dag en nag ?


    Ek wonder
    of jy
    die swart-en-wit van ek
    sal kan verstaan.

    BennyB
    ©16/06/2011 Barend Booysen

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 2:14 am