FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    SWART SIGEUNER PÊRELS

    Liska Mariska Hulme
    Liska Mariska Hulme


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 46

    SWART SIGEUNER PÊRELS Empty SWART SIGEUNER PÊRELS

    Post by Liska Mariska Hulme Thu 03 Jan 2013, 2:28 am

    SWART SIGEUNER PÊRELS

    Die musiek onderwyser stap in by die tent waar die bordjie sê Mystic Pleasures, nie dat hy in hierdie bedompigheid van baie mense by die skool basaar voel na enige plesiere nie, maar enige iets sal beter wees as om na nog ‘n ouer te luister wat noú van sy of haar bloedjie se punte of talent wil praat.

    Hy kyk na die vertoonbord met dienste en pryse:
    Kopmassering – R60.
    Skouermassering – R70.
    Voetmassering – R50.
    Hy weet hierdie is alles net in ‘n ligte luim bedoel, want dit is darem net vir fondsinsameling, alhoewel Mevrou Dominee amper hieroor ‘n aar gebars het op die basaar vergardering.

    Hy loer rond, nogals baie mense, en knik vir ‘n paar hallo. Nou ja dink hy, hy kan hulle netsowel ondersteun, en terselfdetyd ‘n blaaskansie kry. En hier is darem waaiers, want alhoewel hy slegs ‘n kortbroek en los t-hemp met sandale aanhet, is dit bloedig warm buite, soveel so dat hy selfs teen onderklere besluit het toe hy moes aantrek vanoggend.

    Dan sien hy haar raak, besig om met ‘n stringetjie egte swart pêrels om haar slanke nek te speel, die vrysiel sigeuner kuns juffrou. Korreksie tart sy hormone hom, ongelooflike baie sexy vrysiel sigeuner kuns juffrou, en skielik moet hy baie swaar sluk aan die knop in sy keel.

    Asof sonder enige beheer, begin hy automaties na haar toe stap, daar waar sy kruisbeen plat op die vloer in ‘n hoek op ‘n satynagtige duvet sit. Hy sien sy is aangetrek in haar gewone styl van sensuele vloeiende laag op laag klere in verskeie kleure, die stringetjie pêrels wat strek tot wie weet waar want dis by haar bloesie ingedruk, en met haar kenmerkende swart kant orals ingewerk. Dis sy doodsteek daai, en as sy maar net geweet het wat daai stringetjie pêrels en stukkies swart kant aan hom doen, en hoe baie hy skelm daarna loer gedurende pouses in die personeelkamer.

    Sy kyk op, en haar oë verraai haar verbasing om hom na haar toe te sien stap, maar sy glimlag tog haar mistieke glimlag vir hom, een wat hom nog altyd betower het, maar wat hy nog nooit kon peil nie. Sy wys vir hom met haar hande na waar die groot fluweel kussings opgestapel is, nooi hom woordeloos om teen dit te gaan sit, en draai dan haar rug op die mense sodat sy na die kussings kyk.

    Hy gaan sit, kyk na haar, maar sy hou haar nou besig met al die botteltjies olies daar uitgestal. Dan hou sy een uit na hom, dat hy moet ruik, kyk vraend na hom vir goedkeuring. Hy ruik die sandelhout geur wat sy na hom toe uithou, en dan moet hy weer hard sluk, want met die vorentoe leun het die gleufie tussen haar borste bietjie gewys, en dit vat baie van hom om net ja te knik, sy mond skielik kurkdroog.

    Dan besef hy met ‘n skrik, hy weet nie eers watter een van die dienste in hierdie tent sy aanbied nie, en hy kan maar net hoop dat hy sy los t-hemp kan aanhou, want die hemel weet, dit bedek darem die knop wat so amper nou in sy broek wil vorm.

    Hy sug innerlik verlig toe sy sy sandale los woel en eenkant neersit, dankie tog dis vir ‘n voetmassering, anders sou hy dalk moes opstaan en loop om enige ongemaklikheid te vermy. Asof sy sy gedagte kan lees, leun sy vorentoe, druk hom saggies terug, dat hy moet lê teen die kussings, en gly haar hande dan stadig terug tot by sy voete.

    Liggies streel sy nou oor sy voetbrûe, rustig, asof dit die natuurlikste ding op aarde is om ‘n kollega se voete te bederf. Sy neem toe die gekose botteltjie, en drup daarvan op haar hande, en wys dan vir hom om sy oë toe te maak, waarop hy net ‘n nee kan kopskud, want hy wil voel én sien wat sy doen. Sy glimlag net skalks, asof sy sê, jou keuse dan.

    Sy lig sy regter voet, sit dit dan op die handdoekie wat op die kruis van haar bene lê, en begin dan die olie insmeer. Stadige streel bewegings, asof bedoel om hom te lok, en nie net om te masseer. Hy voel hoe sy hormone begin styg, met elke druk en trek van haar vingers, glad en glyend. Sy neem egter haar tyd, voel sag vir elke senuwee punt, speel trapsuutjies verby die einas. Hy voel sy manlikheid begin klop, en hoop sy sien nie sy harde skag wat teen sy broek beur, maar hy voel buite beheer van homself om haar te keer.

    Sy gee nou meer drukking, asof om net hom te plesier, en hy kreun sag onwillekeurig. Hy loer vinnig na haar, wonder of sy weet, wat sy nou aan hom doen. Haar gesig is egter nou so afgewend, dat hy nie haar uitdrukking in die skemerte kan pyl nie, en hy verwens dit. Nou wil hy homself egter ook skop oor hy opgekyk het, want haar bolyf is afgebuk, vir gemak met die massering, maar nou is haar gleufie duidelik, die bokant van haar vol borste sigbaar, en hy sien die swart kant van haar bra uitsteek, ‘n beeld wat sy manlikheid nog verder kliphard laat uitstoot.

    Hy leun half op, hy moet haar stop, voor dit te laat is, want hel, dit was lanklaas dat hy by ‘n vrou was. Sy kyk op, rek haar oë ligweg boontoe, en glimlag ‘n glimlag wat sê sy weet. Hy sluk hard, wil verder opbeur, maar die kyk in haar oë laat hom terug sak. Haar oë hou syne nou gevange, en sy vermeerder die drukking van haar vingers, laat sy voet voel asof dit sy skag is, en hy begin selfbeheersing verloor, raak klam in sy broek. Asseblief, smeek hy haar woordeloos met sy oë, nie hier voor almal nie, nie so nie, ek is te naby, jy moet stop, voor dit te laat is.

    Maar sy is ‘n vrygees, doen wat sy wil, wanneer sy wil, hoe sy wil, en verskerp haar sensuele aandag op sy voet. Hy kan voel hoe hy opbou, dit raak te veel, en wanneer hy haar oë sien verdonker van gedeelde passie, is dit verby omdraai kans, hy ontplof met warm hale. Sy orgasme ruk hom diep, hy sluit sy oë, voel hoe sy wese lam word. Dit neem ‘n rukkie, voor hy beheer kan kry, kyk dan weer op in haar oë. Hy is verbaas, en ongelooflik bly, as hy die uiterste passie daarin sien smeul. En haar tepels wat nou duidelik teen haar klere beur, vat enige ongemak van sy orgasme weg vir hom, want sy is net so opgewerk. Dan weet hy duidelik, sy wou, dit was gedeelde erotika.

    Haar skaam maar uitnodigende glimlag, as sy ‘n groter handdoek optel en na hom toe uithou om om hom te draai as hy opstaan, laat hom besef dat hierdie net die begin van iets moois is, weliswaar ‘n onkonvensionele begin, maar een wat meer sielsgebonde is as wat hulle ooit sou voor kon vra. Want met daardie duidelike glimlag, wat haar oë insluit, het sy sopas haar siel vir hom ontbloot.

    L.M. HULME

    (20/12/2012)
    avatar
    Onbekend
    Guest


    SWART SIGEUNER PÊRELS Empty Re: SWART SIGEUNER PÊRELS

    Post by Onbekend Mon 28 Jan 2013, 9:11 pm

    Pragtig geskryf ... baie stimulerend ... maak 'n ou lam ! ("-)acquiries at gmail dot com
    Liska Mariska Hulme
    Liska Mariska Hulme


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 46

    SWART SIGEUNER PÊRELS Empty Re: SWART SIGEUNER PÊRELS

    Post by Liska Mariska Hulme Mon 28 Jan 2013, 10:39 pm

    Baie dankie vir jou great kommentaar "Onbekend"... Very Happy

    Sponsored content


    SWART SIGEUNER PÊRELS Empty Re: SWART SIGEUNER PÊRELS

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:57 am