Ek skryf sommer
maar net ʼn gediggie
sommer net ʼn vers of drie
want die woorde ken net oorvloed
in my eie skrywers lied
in die prosa en poësie
uit my liefde - verlang
ek probeer met die skaars paar letters
ʼn wysie vir jou te skep
ʼn woord of twee rep
Ek skryf sommer
maar net ʼn gediggie
sommer net ʼn refrein of vier
want sover ek kan
skryf ek uit my hart uit
wil die glimlag
in my siel opwel
ek probeer met die skaars lettergrepe
ʼn frase vir jou uitspel
n ritme te sing, te tel
Ek skryf sommer
maar net ʼn gediggie
sommer maar net een vir jou
want die woorde ken
geen perk in my nie
sal jy dalk my gedig onthou ?
want met die siel ryke wonderlik woorde
opgedra, opgedig, opgestel
wil ek my storie
vir jou vertel