FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Kan ek maar...

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Kan ek maar... Empty Kan ek maar...

    Post by Joan Lotz Mon 12 Mar 2012, 5:57 am

    Kan ek maar met jou mee
    na jou hoekie by die see
    waar die druising sag
    in die deining wag
    dolfyne sien jag

    kan ek maar met jou mee
    na jou hoekie by die see
    oggendson kom dagsê
    op wit strand rondlê
    jou arms om my hê

    kan ek maar met jou mee
    na jou hoekie by die see
    ons in die water baljaar
    jy diep in my oë staar
    net ons bymekaar

    in jou hoekie by die see
    elkedag net ons twee
    voetspore in die sand
    innig hand aan hand
    liefde ewig brand.
    2012/02/29 Joan

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:47 pm