FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    n Vlieg in my rooiwyn

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    n Vlieg in my rooiwyn Empty n Vlieg in my rooiwyn

    Post by Claira Summers Mon 24 Oct 2011, 12:16 am

    n Vlieg in die rooiwyn

    Hoekom soms meer as ander kere kom hy om my te treiter? Daar was niks wat die toutjie getrek het, niks wat die “spark” veroorsaak het nie. Ek reken die redes vir hierdie kortstondige maar kragtige besoek is redelik onbekend op hierdie stadium. Dat ek graag sou wou uitvind is n feit, maar om vir antwoorde te wag terwyl die onsekerheid die bootjie woes begin skud in n kalm see, is n vrugtelose seisoen vol wurms en peste sonder n enkele druppel spuitstof om die verrotting te kan stuit.

    Hy het in n droom gekom vandag, so onwelkom soos n vlieg in n heerlike glas wyn, dit bederf en n mens moet dit in die wasbak uitgooi. Dit maak n rooi streep tot in die afvoergat, n duidelike rooi kring daar rondom.
    Bloed – dis wat ek dink as ek na die wriemelende vlieg in die opdamming van die soetwyn kyk. Waar kom hierdie gedagtes vandaan ?

    Daardie gevoel van vrees, korstondige ekstase, bederf deur n onnodige insident wat liewers kon verby gaan sonder dat dit my aanraak. Die gevoel van die wil om myself te geniet, om fees te vier wanneer die geleentheid hom voordoen – Weg. Daardie stemmetjie in die agterkop wat die heeltyd vluister, woorde so onverstaanbaar maar tog kan ek dit hoor. Die Polter gees met sy swart gesig en lang klouerige vingers, wat tot in my siel kan vat. Wat my hart kan krap en die krake probeer oopskeur sodat ek dood bloei – Bloed in die wasbak, die vlieg wat uiteindelik in die afvoergat verdwyn.

    Ek glo al hierdie goed hou op die einde tog met mekaar verband. Maar het dit n doel ? Dit sou n gewone mens nie kon besluit sonder hulp nie. En dan op die einde, wie en hoekom sal iemand jou wou help om dit te verstaan ? GELD !! Dit is die wortel van alle kwaad, nie omgee, nie liefde, nie die kennis van goed en kwaad nie, maar GELD.



    Dan kom hy terug in die nag, wanneer my gesin heerlik rustig slaap. Ek kan nie beweeg nie en die donker is om my vas. Ek sien hom by deur staan en gluur vir my met sy satans oe. Hy soek n oopgebreekte plek in my siel om hom daar te kom in wurm, ek het geen weerstand en vrees laat die krake wyd oop rek sodat hy dit duidelik kan sien en hom daarin kan verlustig. Ek roep om hulp maar die klanke wil nie uitkom nie, ek is stom van vrees en verlam van die werklikheid van sy krag.

    Verstaan ek reg ? Hy kom wanneer ek op my mees kwesbaarste is, hy wil n nes maak in my onklaar gedagtes om daar te kom bly en soos n parasiet daar te bly sit tot dit te laat is.
    Nog n stukkie droom verspruit uit my kreatiewe gedagtes om my te kom afskrik. Die aarde smelt onder ons, alles word lopende pikswart teer in n borrelende kolk waar die kors al opgesmelt is. Daar is wankelende klippe, stukke geboue en voerbande waarmee ons tot by die reddings strook moet kom. Maar die bande loop vinnig en jy moet vashou om nie in die vuurwarm swart lawa te beland nie. Ek balanseer myself en my kleinste, en probeer almal bymekaar hou vir die reddings strook. Maar ek word moeg en swak en vrees om te vergaan kry die oorhand. Net as ek dink ek is weer soort van in beheer, beland hy langs my op die voerband. Hy wil my afstamp om plek te maak vir ander, hy vertel my dat ek n swakkeling is en nie verdien om die reddings strook te bereik nie. Dan voel ek skuldig, en klim af. Die swart warm teer brand my tot op die been oop, maar my kinders moet ek veilig hou. Alles word donker en die pyn raak minder.

    Ek staar nogsteeds na die bloedrooi soetwyn, bederf deur n morsige vlieg. En die drome en hulle beelde spoel saam met die laaste stroompie by die afvoerpyp uit
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    n Vlieg in my rooiwyn Empty Re: n Vlieg in my rooiwyn

    Post by AmmieMoon Tue 01 Nov 2011, 1:58 am

    Daai doodbloei na binne en die swart hond wat tydig en ontydig homself op die welkom matjie voor die deur opkrul is alte bekend en die kneusplekke wat dit laat meestal onsigbaar vir die blote oog......Die vyand kom om te steel, slag en verwoes (ook/meestal in ons gedagtes) en bly dit 'n ewige stryd om sy aanslag af te weer deur denke en keuses.....Hierdie werkstuk van jou verwoord die effek en essensie daarvan so treffend ! Like a Star @ heaven
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    n Vlieg in my rooiwyn Empty Re: n Vlieg in my rooiwyn

    Post by Claira Summers Tue 01 Nov 2011, 2:13 am

    Baie Dankie Ammie, en ja die ou ewige swart hond is maar n ander kalant. Daarmee saam die spoke van die verlede, soms te erg om te ignoreer. Dankie vir die lees.

    Sponsored content


    n Vlieg in my rooiwyn Empty Re: n Vlieg in my rooiwyn

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 1:56 am