kom sit hier by my,
kleine kleine kindjie,
klim en klouter
tot bo op my skootjie,
vandag wil ek vir jou vertel
die son is blou
en die hemel is pienk ;
as dit die kleure is waarvan jy hou.
knyp jou ogies styf-styf toe
en droom die allermooiste drome,
dans saam met die feetjies
en klouter kaalvoet tot hoog in die bome.
jy, kleine kleine kindjie,
mág droom en glo,
want jy, kleine kleine kindjie,
is 'n geskenk van bo.
© (2011) Rudi Prinsloo
Alle regte voorbehou / All rights reserved
kleine kleine kindjie,
klim en klouter
tot bo op my skootjie,
vandag wil ek vir jou vertel
die son is blou
en die hemel is pienk ;
as dit die kleure is waarvan jy hou.
knyp jou ogies styf-styf toe
en droom die allermooiste drome,
dans saam met die feetjies
en klouter kaalvoet tot hoog in die bome.
jy, kleine kleine kindjie,
mág droom en glo,
want jy, kleine kleine kindjie,
is 'n geskenk van bo.
© (2011) Rudi Prinsloo
Alle regte voorbehou / All rights reserved