FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Flenters

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Flenters   Empty Flenters

    Post by Rudi Coetzer Wed 19 Oct 2011, 12:48 pm

    Die vere
    van my engelvlerke
    sit vas
    tussen die bloedvlekke
    op die grill
    van ñ kar
    genaamd jy .

    Die laaste ding
    wat deur my
    brein gegaan het
    toe jy my tref ,
    was nie my gat nie ,
    maar gedagtes
    van liefde
    oor jou .

    Nou lê ek
    en vrek
    hier , terwyl jou agterligte
    rooi in die nag
    verdwyn .


    ( 30/06/2009 18h38 )

      Current date/time is Sun 19 May 2024, 11:35 pm