Flenter-foto’s
skerf
deur my gedagtes
kerf
ou scars
weer oop
wat soos bloed
teen my lyf afloop.
Flenter-wasgoed
op my werf
wapper droomverlore
wyl ek skerf vir skerf
ou potte
heel plak, heel verlore
wyl water en sout
soos bloed
langs my wange loop
en later soos die finale Madame
teen my nek blink.
Flenter-geboue
kerf
die kim in my land
swerf
langs flenter-paaie,
en olie-swart is die strand
waar eens sandkastele
en Josefskleed sambrele
my bekoor het
maar ek dwing liefs my oë oop na hierdie werklikheid
want hy wat na die toekoms staar, sterf
te veel in die hede
en hy wat te veel in die verlede
kiekies delf
vind dalk ʼn kortpad wat
eerder moes gebly het.
Torm 2011
(Die eerste strofe is grotendeels deur Rudi Coetzer geskryf.)
skerf
deur my gedagtes
kerf
ou scars
weer oop
wat soos bloed
teen my lyf afloop.
Flenter-wasgoed
op my werf
wapper droomverlore
wyl ek skerf vir skerf
ou potte
heel plak, heel verlore
wyl water en sout
soos bloed
langs my wange loop
en later soos die finale Madame
teen my nek blink.
Flenter-geboue
kerf
die kim in my land
swerf
langs flenter-paaie,
en olie-swart is die strand
waar eens sandkastele
en Josefskleed sambrele
my bekoor het
maar ek dwing liefs my oë oop na hierdie werklikheid
want hy wat na die toekoms staar, sterf
te veel in die hede
en hy wat te veel in die verlede
kiekies delf
vind dalk ʼn kortpad wat
eerder moes gebly het.
Torm 2011
(Die eerste strofe is grotendeels deur Rudi Coetzer geskryf.)