FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Sonklong

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sonklong Empty Sonklong

    Post by AmmieMoon Sun 16 Oct 2011, 2:23 pm


    jou wilger lyf trek hemp-uit voor my (soos altyd)
    sonder skaam oor jy witwys voor die son
    jou skrefiesoë plooi en meng met jou frons en mond
    se dun vermanings
    min van jou wys teen windaf skadu's
    tog wurg jy soos 'n nimmer bron van stysel in my krop

    ek wou jou vandag ontklee vir oulaas
    my vingers oor jou borskas se hol kamers streel (vir oulaas)
    ek wou jou tokkelos (wat nou slap hang) weer voel kriewel
    omdat jy my ken en ek jou akuut kon pols
    ek wou vandag (vir oulaas) die gletsers van jou oë smelt
    om jou blou te bottel en bêre vir my oudag
    (my dae op pad na dood sonder jou)

    jy rank oor my kop en my oor rus rakelings teen die deurklop
    van jou hart
    ek hoor jou ek hoor jou en ek voel jou vrees van binne bewe
    en ek lief jou ek lief jou ek haat jou selfs meer
    hier waar jou onderlyf se loom-tokkelos my lende aan flarde skeur

    jy word geitjie in die son, my klong
    ek wou jou vandag vir ewig vrylaat om weer op warm klippe te bak
    teen oorhang rotse van 'n sitrus berg
    maar dit verg meer krag as wat ek dog as wat ek dog
    straks los ek dit tot môre of tot anderdag se nag.


    (18h22-15/10/2011)
    © 2011 Almarie Truter


    Last edited by AmmieMoon on Sun 16 Oct 2011, 3:02 pm; edited 4 times in total
    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    Sonklong Empty Re: Sonklong

    Post by ansiebeets Sun 16 Oct 2011, 2:45 pm

    Puik !
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    Sonklong Empty Re: Sonklong

    Post by Julia Hill Sun 16 Oct 2011, 3:09 pm

    A gentle beautiful, sensual work Ammie Smile
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Sonklong Empty Re: Sonklong

    Post by Rudi Coetzer Sun 16 Oct 2011, 3:35 pm

    besonders.en besonders beautiful....met n vrou se touch
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sonklong Empty Re: Sonklong

    Post by AmmieMoon Sun 16 Oct 2011, 6:51 pm

    Ons vrouens het mos maar die manier om dinge anders te sien en beleef...thx Rudi ! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Sonklong Empty Re: Sonklong

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 1:53 am