FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Sonklong (2)

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sonklong (2) Empty Sonklong (2)

    Post by AmmieMoon Fri 04 Nov 2011, 1:06 pm

    ek sit op die strand dis half ag in die oggend en ek sit
    met my nagklere aan op die strand beker koffie in die
    hand en ek dink ek dink wat sou ek nie gee om hom
    nou by my te hê nie en ek sien hom aankom oor die see
    ek sien hom al van veraf ek sien hoe hy op wit branders
    ry ek sien hom en hy sien my en ek sit daar en ek dink
    jirre kan dit wees negentig dae van fokkol van niks van
    verlang en smag en vanmore sug ek deur koffiestoom 'n
    versugting in dun membrane van 'n uitgediende nag hier
    waar ek alleen in vars mis op die strand sit en nou dit
    kan dit wees en hy loop uit die water helder oordag en
    skielik is dit later met 'n son loodreg bo ons kop vir die
    hele wêreld om ons te sien en sonder om 'n woord te sê
    staan ons daar en ons kyk na mekaar en die wind ruk
    deur my hart en die sand waai oor sy lagplooie en ons
    ontklee mekaar en ek staan daar jirre ek staan in oop
    son op 'n hoogte naak voor hom en my Sonklong ont
    klee sy lang lang lyf vir my en hy rank tot teen die hemel
    hy rank net hoër en hoër en ek sien hoe hy sy skadu's
    gooi oor my hoe sy vleuels om my vou ek sien hoe hy
    kniel voor my en my vashou en ek ruik hom ek ruik
    sy warm asem en ek proe sy onuitgesproke woorde
    en ek blom onder sy hande hy toring soos 'n god vir my.
    tot teen die hemel toring hy vir my en die son sien alles
    die son sien my Sonklong en die son sien my wit die son
    sien my bewe selfs waar hy sy hande oor my sit en die
    son sien dat hy my besit sien hoe ek verdrink hoe ek in
    wit sand verdrink en oor sy skouer sien ek hoe die son
    koud en wit word maar al wat ek voel is die fel donders
    van sy hart en die warm polsing van sy lyf ek voel hoe hy
    my vashou asof hy my nooit weer wil los ek voel dit alles
    en ek dink ek wil nou sterf ek wil NOU sterf NOU want
    hy is in my by my hy is vir my maar toe sterf ek nie dit was
    na vyf die middag toe sy ligte in die verte verdwyn en toe
    is daar weer niks niks net koue koffie in my hand en mis.


    © 2011 Almarie Truter
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Sonklong (2) Empty Re: Sonklong (2)

    Post by Claira Summers Sat 05 Nov 2011, 1:03 pm

    Baie goed gedoen Ammie

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 4:28 am