FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    melaats gewees

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    melaats gewees Empty melaats gewees

    Post by Torm Fri 14 Oct 2011, 7:26 pm

    melaats gewees

    die liefde lê vlak onder jou vel
    as jy jou hand uitsteek en voel
    aan die seerplek op my wang

    die liefde lê diep in my hart
    as dit so steek, so bietjie seer
    as jou vingers aan my raak

    want ek is melaats my lief
    altans so het ek gedink
    maar die liefde voel reg
    as vel aan vel raak -
    so weet ek: ek is o.k.
    so weet ek: ek moet opdok
    ek moet uithaal en wys
    as ek die diepte van my hart wil bewys
    nee, nie hand in die sak nie,
    maar die hand diep in die hart
    totdat dit bloei...

    die liefde lê oop in jou skoot
    as ek maar my moeë kop daar mag lê
    en die warmte van tuiskoms wil hê

    die liefde kom diep uit die donker
    as ek my pen vat en vir jou skryf:
    jou liefdeslig is wat ek eintlik wil hê

    © Torm 2010

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 9:25 am