Tussen vrye-vers lanings
en boorde van prosa
hoor ek my ego
in ander se woorde
siele wat soek
en tuis kom ten laas (a)
bot die bloeisels
bloei die taal
en wys die
binnekant se holtes
word die vrug verwoord
van elkeen se kruis (b)
anker ons wortels
in lente se geur
en winter ryp
- word vers en rym
stille getuie
van vele seisoene (a)
gee ons
self revolusie
besieling
vir die wat weet
- ’n vesting -
tot genesing (b)
‘n plek om waarlik
eg te wees,
deur
ritme
en
rym van
bloed en vlees (a)
laat dit ons vry
en laat ons vreesloos
siele wand
en
kinderhart
in medeskrywer’s hand (b)
(c) 23.04.2011
Bobette Smit (Bruwer) & Rudi Prinsloo (anderkant)
Alle regte voorbehou / All rights reserved
en boorde van prosa
hoor ek my ego
in ander se woorde
siele wat soek
en tuis kom ten laas (a)
bot die bloeisels
bloei die taal
en wys die
binnekant se holtes
word die vrug verwoord
van elkeen se kruis (b)
anker ons wortels
in lente se geur
en winter ryp
- word vers en rym
stille getuie
van vele seisoene (a)
gee ons
self revolusie
besieling
vir die wat weet
- ’n vesting -
tot genesing (b)
‘n plek om waarlik
eg te wees,
deur
ritme
en
rym van
bloed en vlees (a)
laat dit ons vry
en laat ons vreesloos
siele wand
en
kinderhart
in medeskrywer’s hand (b)
(c) 23.04.2011
Bobette Smit (Bruwer) & Rudi Prinsloo (anderkant)
Alle regte voorbehou / All rights reserved