Sproes Krit
Oog op die Kuns / Eye on the Arts
1 Oktober 2011
Beste FreeStylers,
Dit is vir my 'n voorreg om Sproes Krit aan julle voor te stel: elke week gaan ek werke uit elke kategorie neem en bietjie meer intens bespreek en behandel. Hierdeur wil ek graag positiewe debatvoering stimuleer en vra dat julle asb julle gedagtes met my en al die ander FreeStylers sal deel deur kommentaar oor die vers of hierdie "resensie" onderaan hierdie "post" te plaas. Ek hoop dat julle ook 'n draai sal gaan maak by die skrywer se profiel en al sy/haar werke sal lees en kommentaar lewer soos jy daarna voel. Opbouende kritiek waardeur die skrywers kan groei is altyd welkom en ek moedig julle aan om julle kennis met ons te deel. Dieselfde geld vir al die ander kategorieë: fotos, skilderye, musiek, lirieke, skryfwerk, films en elke ander afdeling - elke kunstenaar is dankbaar wanneer hy/sy terugvoer ontvang. Ek gaan probeer om dit in 'n opbouende wyse te bewerkstellig, MAAR ek maak staat op elke familie-lid om my by te staan hiermee.
Hierdie week is dit vir my 'n absolute voorreg om vir Danie Stander in ons gemeenskap te verwelkom. Ek voel dat sy "Calvinisme" vers 'n besondere bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van hierdie webblad en is hierdie week my keuse as "Sproes Krit" se top vers van die week. Dit is vir my 'n plesier om sy "Calvinisme" vers bietjie onder die loep te neem.
Ter agtergrond, haal ek aan vanaf Danie se profielblad:
Danie Stander, gebore op 17 Januarie 1980 en tans woonagtig in die Vaalwater omgewing, is 'n beroepsjagter en beskou homself as "Net 'n boerseun wat graag met woorde speel".
Met apologie aan Danie, moet die biografiese profiel voorlopig daarby eindig aangesien hierdie eerste resensie onder die sluier saamgestel word en ek hom dus nie direk kon kontak vir nadere besonderhede nie.
In die toekoms sal ek met julle elkeen afsonderlik in verbinding tree om darem 'n profiel met "lyf" te kan plaas.
Ek het dit goed gevind om Danie se "Calvinisme" vers hierdie week uit te sonder omdat dit nie net die meeste gelees en bespreek is nie, maar omdat dit volgens my werklik 'n waardige vers in eie reg is.
Voordat ons die vers bespreek wil ek almal wat dit nog nie gelees het nie eers uitnooi om die vers te gaan lees by die skakel hierby, sodat ons darem 'n duidelike begrip het van waarvan daar gepraat word.
http://www.free-style-art.com/t552-calvinisme
Op 'n kliniese afstand, bestaan die vers uit 'n een-woord titel wat na 'n baie groot begrip verwys en sekuur en akkuraat is daarin om dadelik 'n unieke verwagting te skep by elke leser - Calvinisme beteken tog vir elke een van ons iets anders.
Om 'n gemeenskaplike begrip daar te stel in terme van bespreking, haal ek dan aan vanaf
http://af.wikipedia.org/wiki/Calvinisme
Calvinisme is 'n stroming in die Protestantse Christendom wat gebaseer is op die teologiese leer van die hervormer Johannes Calvyn, asook die daaruit voortspruitende sosiale en politieke leer.
Calvinisme sorg vir die tweede fase van die Protestantse Hervorming, toe evangeliese kerke begin vorm het na Martin Luther verban is uit die Rooms-Katolieke Kerk. Calvinisme ontstaan dus uit die Lutherse beweging (Calvyn het self ook die Lutherse Augsburgse Geloofsbelydenis geteken in 1540). Calvyn se invloed was egter groter by die Switserse Hervorming wat nie Luthers was nie, maar eerder onder die invloed was van Huldrych Zwingli. Calvinisme het ook groot invloed gehad in Frankryk, Hongarye, Skotland (waar John Knox die Calvinistiese denke verbreed het) en ook die Nederlande.
Dit het duidelik geword dat die Gereformeerde kerke se dogma besig was om in 'n rigting te ontwikkel onafhanklik van Luther s'n, onder die invloed van vele skrywers en hervormers, waaronder Calvyn vooraanstaande was, en hierdie vorm van dogma het só bekend begin staan as Calvinisme. Calvinisme verwys dus nie net na die bewegings wat spesifiek gebasseer is op die leer van Calvyn nie, maar verwys ook in die algemeen na Protestantse dogmas van nie-Lutherse nasionale kerke in Protestantse lande asook verskeie klein Protestantse hervormingsbewegings - Hervormde kerke wat buite die Katolieke Kerk in die sestiende eeu gevorm het.
Die vers self beslaan 141 versreëls en is 'n meesterlike kragtoer uit die pen van iemand wat ek vermoed al vir 'n geruime tyd lank reeds "met woorde speel", soos wat Danie daarna verwys. Ek sou waag en aanvoer dat "speel" 'n begrip is wat nou tot die verlede tyd behoort en dat hierdie besonderse skrywer homself nou in 'n fase van verfyning van sy kuns gaan bevind.
Julle sal opmerk dat hierdie vers slegs 1 keer gewysig is om aanpassings te maak wat ons geliefde Ammiemoon voorgestel het om die vloei van die werk te versterk (daardie gewraakte hoofletters aan die begin van 'n sin waar dit nie bedoel is nie, maar Microsoft sommer namens ons besluit dit hoort daar) Deur daardie enkele wysiging het dit vir my duidelik geword dat hy nie ligtelik met sy werk omgaan nie, en uit sy eie deelname by die bespreking van die werk is Danie merkbaar iemand met 'n oop gemoed wat gelyk ag slaan op raad en advies en nie bang is vir kritiek nie. Inteendeel wil dit voorkom of hy dit geniet en dat hy gemaklik is daarmee om 'n ander standpunt raak te sien en te oorweeg.
Daar was aanvanklik 'n bewering dat die kommentare "reaksionêr" van aard sou wees en daar is heelwat debat gevoer daaroor. Gesonde debat - ek kon nêrens merk dat dit in 'n kleinlike twis ontaard nie en dit was gerusstellend om die proses te aanskou. FreeStyle bied immers 'n platform en 'n stem aan elke een van ons en nie een van ons word daardeur beperk nie.
Hierdie passievolle vers handel oor hervorming en die misvorming wat daarmee gepaard gaan. Nêrens merk ek werklike oordeel nie, eerder 'n aanbieding van die skrywer se persoonlike ondervinding. Hy is suksesvol daarin om te verwys na 'n stereotipering waarmee vele van ons bekend is, maar waarmee nie almal van ons noodwendig 'n stryd moes voer nie.
Die kind wat van eerste tree al met die roede gerig word is 'n bekende beeld waarmee ons almal kan identifiseer en is nie noodwendig eie aan Calvinisme nie, hoewel ons ouers dit dalk ietwat meer rigied toegepas het. Buig die boompie terwyl hy jonk is het vele male eerder 'n geknakte stam tot gevolg gehad. Nietemin, Danie gaan staan nie stil daarby nie en beweeg aan omdat hy 'n verhaal het om te vertel ('n amperse getuienis om te lewer).
In geheel merk ek elf sub-afdelings binne die geheel van die vers, elk met drie uitstekend gekose woorde om emosie uit te beeld. Aan die einde van die agtste gedeelte wyk Danie ietwat af en plaas ekstra klem daarop deur vier trefwoorde: mure, skanse, kranse en tronke. Hierin som hy dalk die algemene stereotipiese indruk op van Calvinisme soos wat ons daarmee bekend is.
Mens kan die vers se geheel verkort en 'n duideliker begrip vorm deur slegs na die klemwoorde te kyk:
"verstrengel, verwurg, verraai, geskenk, gegee, geneem, gevaarlik, vieslik, dierlik, twyfel, wanhoop, skans, veragting, weerhouding, verwyt, vryheid, volheid, vreugde, honger, gedagte, begeerte, mure, skanse (herhaling), kranse, tronke, woorde, maning, verwyt, terughou, wonder, spyt, vrede, genot, behaag".
Sou ek reg hierin lees dat die geheel van die vers die oneerlikheid teenoor die self tesame met die verskansing van die "twyfelende EK" ondersoek? Indien wel, vind ek dit uiters geslaagd.
Ten spyte van die "lengte" van hierdie vers (wat die stryd beklemtoon) gaan die skrywer spaarsamig met woorde te werk en elke woord dra maksimum emosie oor; die leser word betrek by die emosionele konteks van die vers en reis saam met die skrywer daardeur. In my opinie neem dit 'n merkwaardige skrywer om dit suksesvol te doen - en hierin slaag Danie beslis.
Die skrywer is versigtig om die dogmatiek net skrams te bespreek en dan ook net in soverre dit hom as skrywer direk raak. Hy weerhou hom daarvan om te veralgemeen al is die kern van die vers 'n universele gedagte binne die (oorwegend) Afrikaanse gemeenskap. Hier haal ek ter illustrasie die volgende gedeelte aan:
"van emosie diep verborge
van passie geknel
in bande van hel
die stryd teen eie inbors
gewoonte van weerhouding
ingedonner van eerste tree af"
Hierby volstaan die skrywer (met akute tydsberekening) en gaan nie so vêr om Calvinisme daarvoor te verwyt nie. In die geheel is dit eerder die mens en die toepassing daarvan (spesifiek die toepassing soos wat hy dit direk beleef het) wat sy wroeging stuur en rig.
So hanteer hy ook seks baie kortliks deur die norm te stel en nie daarop uit te brei nie. Die geheel van die vers laat hom die ruimte toe om nie daarin verstrik te raak nie en hy beweeg meesterlik aan verby "gevaarlik, vieslik en dierlik" na die afbreek van twyfel, wanhoop en skanse.
Telkens gebruik Danie juis hierdie negatiewe woorde om die teenoorgestelde aan te dui en dit is 'n resep wat uiters geslaagd is.
"die gee en neem van mekaar sonder
terughou
wonder
spyt
laat als verdwyn
vervaag
tot al wat oorbly die wonder is
van vrede
van genot
van behaag "
Uiteindelik slaag Danie daarin om respek by my af te dwing en 'n positiewe boodskap te lewer. Hy slaag in besonder daarin om nie op 'n negatiewe wyse standpunt in te neem nie en sy betrokkenheid by sy lesers is 'n aansporing vir meeste van ons.
My opregte wense vergesel hom vir 'n blink toekoms sonder weerhouding en vol van vreugde.
Groete tot volgende week,
Anderkant
© (2011) FreeStyle Sproes Krit
Alle regte voorbehou deur die FreeStyle webblad eienaar. All rights reserved by the FreeStyle website owner.
Ek sal elke dag gedurende die komende week een kategorie neem en 'n spesifieke werk aanraak. Ek behoort teen volgende naweek gereed te wees om al die "krit-stukkies" gelyk te plaas.
(lewer gerus kommentaar hierby en ek sal graag julle voorstelle wil hoor as daar 'n manier is om hierdie afdeling interessant en relevant te maak - FreeStyle is familie - ons werk, ons gedagtes, toeganklik vir almal)