Die bome het almal
hulle herfsjasse aan
bruin en geel en silwer
in die lig van die maan .
Luister , luister
hulle fluister
in ñ ritseltaal
saggies , harder
as die wind se stem
en vertel legendes
van gisters lank vergete .
Van hoewe wat klop
op stofpaaie
van statige herehuise
en swierige troues
van myners met growwe hande
en growwer gewoontes
van diamante
en ontwykende rykdom
van jong kroegmeisies
en agterstraat dokters
en van dooie oë .
Van pistoolgevegte
en weduwees
wat liggaam
en siel verkoop
vir hulle string kinders
se daaglikse brood .
En as jy fyn kyk
teen die bome se stamme
gom hulle trane .
( 30/12/2009 15h48 )
hulle herfsjasse aan
bruin en geel en silwer
in die lig van die maan .
Luister , luister
hulle fluister
in ñ ritseltaal
saggies , harder
as die wind se stem
en vertel legendes
van gisters lank vergete .
Van hoewe wat klop
op stofpaaie
van statige herehuise
en swierige troues
van myners met growwe hande
en growwer gewoontes
van diamante
en ontwykende rykdom
van jong kroegmeisies
en agterstraat dokters
en van dooie oë .
Van pistoolgevegte
en weduwees
wat liggaam
en siel verkoop
vir hulle string kinders
se daaglikse brood .
En as jy fyn kyk
teen die bome se stamme
gom hulle trane .
( 30/12/2009 15h48 )