FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    'n Stille vonnis

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Stille vonnis Empty 'n Stille vonnis

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:59 pm

    mens raak gewoond daaraan om knoppe
    in die keel af te sluk
    dit word nie makliker nie, net meer draagbaar
    dit skiet op van nêrens maar land altyd weer
    in die sluk -
    deursigtig dun verbind met die hart
    met gedagtes
    met onthou se vooroor buk

    dis swel soos amandelkliere tot dit oopbars in die oë
    waar dit leepoog opdam in eng spasies
    en jy basies moet kniel
    want knieë raak lam van dra aan diafaan vrag,
    van asem ophou, hoop, wag

    daardie knoppe bot nie
    daar is geen saad in wat kan ontkiem, gedy
    en madeliefies in jou bloedstroom versprei nie,
    doem sit te diep gesetel daarin
    hard, swart, met geen ruimte om lewe deur te laat

    dit is selfsugtig
    staan vir niks en niemand opsy nie
    met geen intensie om elders
    'n onbetaalde sitplek te gaan kry nie,
    'n skaamtelose tart
    met swak, seer, pyn
    'n ongenooide gas
    wat nêrens so volmaak soos in lugweë pas

    nou wonder ek
    sal dit lewenslank duur,
    hierdie knoopstuk sluk aan jou ?



    © 2011 Almarie Truter

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 8:18 pm