FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Verlore tyd en die splinteruit

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Verlore tyd en die splinteruit Empty Verlore tyd en die splinteruit

    Post by Claira Summers Wed 28 Sep 2011, 3:59 am

    VERLORE TYD DEUR DIE SPLINTERUIT

    Ek staan buite, kyk deur ‘n venster ruit
    Wat ek sien is die trane wat jy huil
    Ek was van lankal af ai tog so lief vir jou
    Maak nie saak of jy van my ook hou
    Vir my lyk alles van jou soos die lente reën
    Wat verligting aan die winter bring, dit seën
    Jou hart so volmaak, jou liefde so luid
    In die hartseer van jou oë
    sien ek die splinter ruit

    Vertel dan vir my sagkuns jou verhaal
    Sodat ek dit kan vashou en beter vertaal
    Praat met my oor al jou vrese
    En hê my lief vir een keer met jou wese
    Vertrou dat my oordeel nie op jou sal brand
    Neem my gedagtes my denke ook my verstand
    Betrag met jou rede my alles, dit wat ons doen
    Ontleed elke oomblik wat ons voel daaaruit
    In die leemtes van jou siel
    Sien ek die splinter ruit

    Ek sou vir jou my alles kon gee
    By jou sou ek vasstaan, saam loop elke tree
    Gee jou hart in die palm van my vervalle hand
    Ek sal aan niemand ons vryheid verpand
    ek staan in hartseer in ‘n oop graf vandag
    En betreur ons verlore tyd in die roep van die nag
    Oor ‘n geskeurde foto, jou skermbeeld in my siel
    In ongenoë ontmoedig sal ons saam wees moet kniel
    In die hoekies van jou hart
    Sien ek die splinter ruit

    My tyd is verby en my lewe verslaan
    Leef jy maar voort met jou liefde en traan
    Kyk na my in die albums van jou siel
    Ek is jammer dat ek jou liefde so verniel
    Rus en gelatenheid sal my soek en tog nie vind
    Leef voort en onthou, jy is my hart se liefdeskind
    Vertel my storie die wereld wyd
    Vertel van ons,
    die hartstog van verlore tyd
    en van die stukkende splinter ruit

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 11:33 pm