Vanoggend begroet jy my met
jou prag en natuurskoon
rustig vul jy my gemoed
met jou blou lig
Tafelberg se kleintjie
rustig in sy bedjie
moederstad se see seepglad in die son
vul die holtes van my gemoed
suid-ooster is stil vandag
niks wat hom verjaag
geen kwaad wat hom omkrap
soos ander dae se storms
vandag is jy nie
die stad van storms nie
jou branders golf nie
rof oor en oor mekaar nie
jou suid-ooster waai nie
alles weg nie
soos iemand wat
alles en almal
wat voorkom uit die
weg wil ruim nie
vandag is jy rustig
met ‘n effense glimlag
om te sing..... alles is okay
jou prag en natuurskoon
rustig vul jy my gemoed
met jou blou lig
Tafelberg se kleintjie
rustig in sy bedjie
moederstad se see seepglad in die son
vul die holtes van my gemoed
suid-ooster is stil vandag
niks wat hom verjaag
geen kwaad wat hom omkrap
soos ander dae se storms
vandag is jy nie
die stad van storms nie
jou branders golf nie
rof oor en oor mekaar nie
jou suid-ooster waai nie
alles weg nie
soos iemand wat
alles en almal
wat voorkom uit die
weg wil ruim nie
vandag is jy rustig
met ‘n effense glimlag
om te sing..... alles is okay