FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Duiwelsbrood mislei

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Duiwelsbrood mislei Empty Duiwelsbrood mislei

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 4:03 pm

    jou woorde laatherfs in kleine trosse
    kaal
    triviaal
    en ek wonder of ek my hart
    verkeerde kant na bo gedop het
    toe ek swikvoet teen rotswande gestruikel het,
    meer geuiter het as wat ek moes ?
    (die trol onder die hangbrug eggo steeds
    my rebelse krete)

    toe ek braaf stuwende die steilte geklim het
    gepor deur die applous van kranse en boompaddas,
    wilde sampioene gestrooi het op aarde
    wat nog nie deur gereën was nie

    die syaansig van jou afstand gooi blou skadu's
    in ons grys vallei
    nou swyg ek ook -
    is blou lewe of dood
    is kampernoelie gif of brood ?

    'n volmaan bars uit nate van opgekropte weet,
    vries teen voorwinter wat kraak in leë nagte
    wat my nou omring
    waar ek hande vol oktawe poog
    om 'n moppie sonder deuntjie
    in jou dennebos te sing

    Tafelberg krimp by die uur
    en ek kan skaars jou huis teen die hange eien -
    waar jy grot tussen nuwe rot en bas,
    sukkel om my droom
    in jou werklikheid te pas

    dalk moes ek eerder paddastoele gedroog het
    met gebottelde son uit jou spens,
    die berg vermy het tot winter se geknaag
    aan dun dae verby is.


    © 2011 Almarie Truter

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 12:43 am