FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jy is lankal dood

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Jy is lankal dood Empty Jy is lankal dood

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:56 pm

    jy kon gerus aanhou lewe het
    jy was goed daarmee, met lewe
    grafstene pas ook nie by jou nie
    jy hoort nie eens in 'n graf nie

    jy het belowe jy kom my haal
    uit die swart, uit die koue, uit die hel
    ek kan nie dink dat jy ooit rus sou vind in dood nie
    (het jy ?...rus gevind, bedoel ek)

    vanuit die vlamme van my kaggelvuur staan jy
    opeens weer hier, sommer netso
    jy klim uit bloekom knetters tot in my voorkamer
    jy kon my gewaarsku het, ek sou 'n rokkie
    spesiaal vir jou aantrek het (ek dra nie eens
    rokke nie) as ek net geweet het jy staan
    juis vanaand weer op uit die dode

    jou dimpels keep steeds soos die droë rivierlope
    deuskant Hopetown, wat plek plek nou en diep
    kronkel tussen ysterklip rante (op sewentien
    was dit mooier)
    nou is jy bleek, ongesond bleek (ook te wagte
    want jy's mos dood, jy is mos ?..dood, bedoel ek)

    ek lees die prewel van jou lippe en herken jou
    troetelnaam vir my '' Bruinoog '' (ek kan nie jou
    stem hoor nie, 'n mens kan mos nie warm uit
    dooie koue toor nie)
    jou stem was altyd warm, soos die bruin
    van my oë wat laatmiddagloom gesmelt het
    as jy jouself daarin verloor het (onthou jy
    hoe jy gekyk het ?...na my, bedoel ek)

    nee, ek het die hel ontsnap op eie krag
    en ek is oënskynlik gelukkig, alles rondom my
    voel soos hemel, lyk soos hemel, proe soos hemel,
    ruik soos hemel, maar dit is nie hemel nie
    want jy is nie hier nie
    (is dit nou jou tuiste ?...die hemel, bedoel ek)

    jy kan nie langer bly nie want niemand hier
    weet van jou nie, van ek wat jou van altyd af
    liefgehad het nie
    (jy het immers nie lank genoeg bly lewe
    om my te kom haal nie)



    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 12:00 am