FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ek is bang jy dood sonder my

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ek is bang jy dood sonder my Empty Ek is bang jy dood sonder my

    Post by AmmieMoon Sun 30 Oct 2011, 2:27 am



    jou wroeg loop weer knopkierie oor
    rûens van hierdie erbarmlike land -
    waar kinders dood gebore word en
    kanker soos rooiroes aan ronkspante
    toiing

    jou woede kook soos putwater uit droë
    fonteine waar wolke laag en bleek hang
    teen uitgeremde wasgoeddrade van 'n
    Afrika hemel

    jy huil skaamteloos oor jou fertiliteit
    nie die genepoel kon onteer met
    jou eie aweregse saad nie, oor jou bloudruk
    glansloos geword het teen 'n kuslyn
    wat bars van wedergeboorte

    jy staar net en praat al vir weke nie
    meer nie; so asof jy wag vir my om ook
    te dros, weg van jou gebreekte knieknoppe
    jou kromgetrekte hande

    al wat ek kan doen is om elke dag
    'n vars son vir jou uit te pof, die suidewind
    te roep om die werf skoon te vee en
    gedwee met 'n erdeskottel louwarm water
    by jou voete te sit -
    te wag vir jou kopknik om jou voete
    te mag was.



    © 2011 Almarie Truter
    Attachments
    Ek is bang jy dood sonder my Attachment03 Track 3 - Ek is bang jy dood sonder my - wma.wma
    You don't have permission to download attachments.
    (1.3 Mb) Downloaded 0 times
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Ek is bang jy dood sonder my Empty Re: Ek is bang jy dood sonder my

    Post by Torm Sun 30 Oct 2011, 12:02 pm

    Lekker gelees. Dankie vir jou inloer by die "sprokieswoud" .
    Ek was ook al hier ("dat ons saam die laaste trap betree met 'n eenrigting passaat vir twee" ensv), maar jy's te jonk om oor doodgaan te dink jong. Maar as ek kyk na die oumensies wat so alleen agter bly en dan dalk nog vir twintig jaar daarna so aangaan...

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 5:23 pm