FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Afrika

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Afrika Empty Afrika

    Post by anderkant Wed 14 Sep 2011, 5:40 pm

    regimentloos verdring hulle die knusse vrede
    van dié konstitusie
    waarvoor bloed gevloei
    en kinders gesterf het,
    én bly leef het,
    in Langa en elders.

    wedersyds pleeg ons voort
    en niemand wat saak maak
    hoor die kinders smeek nie.

    stééds sterf hulle
    en stééds bly hulle leef,
    op plase en elders.

    ‘n honderd jaar word dertig,
    die son sal sak en die son sal opkom;
    watter volk sal dán
    sy bloedoffers bring?

    © (10.08.2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Afrika Empty Re: Afrika

    Post by Enid Wed 14 Sep 2011, 5:53 pm

    sjoe, dit is die waarheid, en die volk ploeter aan.Vloei is so sinoniem met die aanhou in die gedig
    avatar
    Guest
    Guest


    Afrika Empty Re: Afrika

    Post by Guest Wed 14 Sep 2011, 5:59 pm

    tydloos verander als terwyl niks verander ! puik jy trek die gedagtes brilliant saam hier
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Afrika Empty Re: Afrika

    Post by anderkant Wed 14 Sep 2011, 7:46 pm

    jip, die winde van verandering waai Suid. Dankie vir julle lees en voetspoortjies.

    Sponsored content


    Afrika Empty Re: Afrika

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 6:31 am