FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
Enid
anderkant
6 posters

    Pelgrimstog

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Pelgrimstog Empty Pelgrimstog

    Post by anderkant Wed 14 Sep 2011, 5:18 pm

    vroegoggend,
    donker-uur nog,
    wil sy skielik nader,
    kamma lepel-lê;
    in die waas van slaap
    vergeet sy, ontken sy die wete;
    soek sy opnuut warmte by haar bokka.

    bokka;
    met die rustelose bene,
    stil, bewegingloos,
    prikkelend onrustig;
    wat wil opstaan en uitstap,
    aanhou stap,
    vroegdag reeds langpad vat.

    iewers daar voor
    op die horison,
    waar nag en dag
    skouerskuur,
    wag 'n bestemming;
    waar sy siel sal rus
    en 'n ander reeds wag..

    © (30.05.2011) Rudi Prinsloo - Alle regte voorbehou / All rights reserved.
    avatar
    Guest
    Guest


    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by Guest Wed 14 Sep 2011, 6:01 pm

    "sluk sluk" ek ken hierdie verhaal,..... kan onthou hoe dit leef
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by Enid Wed 14 Sep 2011, 6:07 pm

    eina damn goed geskryf...amper die fizzpop heel in
    avatar
    Guest
    Guest


    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by Guest Wed 14 Sep 2011, 6:13 pm

    Heimlich manoeuvre goed dus?
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by SWERWER Wed 14 Sep 2011, 7:14 pm

    Kom by die horison, vertoef n ruk en gaan drink daardie rus.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by AmmieMoon Wed 14 Sep 2011, 7:28 pm

    Hier staan ek net gewyd stil....soos die vorige keer toe ek hierdie vers van jou die eerste keer gelees het ! Respek ! Like a Star @ heaven
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by anderkant Wed 14 Sep 2011, 7:41 pm

    Ronel, Enid, Ronel, Swerwer - en Ams! Baie dankie, uit my hart. Swerwer - ek vermoed jy lees spesifiek raak, dankie daarvoor. Ams - jy eer my steeds, ek wonder of jy besef hoeveel maal jy al 'n anker was in die donker.
    Bigteddybear
    Bigteddybear


    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 63

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by Bigteddybear Wed 14 Sep 2011, 9:38 pm

    Ja, ek het ook al so wakker geword terwyl ek wou lepel lê Shocked
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by anderkant Wed 14 Sep 2011, 10:49 pm

    Big-T, jy eer my met jou kommentaar hierby. Dankie vir die inloer.
    Bobette Smit
    Bobette Smit


    Location | Ligging : Oos Londen
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 48

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by Bobette Smit Fri 14 Oct 2011, 4:07 pm

    Hemel vriend - ek hoor.....en kan selfs voel hoe koud die vloer onder jou kaalvoete is wanneer jy opstaan uit die lepel-lê.....
    Soms is mens 'vasgevang' soos 'n dier in 'n hok in die lepel-lê, want daar is nog ander siele onder die dak wat jou weerhou van daardie "uitstap."
    My hart kwyn saam met jou....
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by anderkant Fri 14 Oct 2011, 4:10 pm

    Bobette - jy verstaan! Dit is vir my kosbaar. Dankie. (die koue vloer - sjoe)

    Sponsored content


    Pelgrimstog Empty Re: Pelgrimstog

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 12:34 pm