FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    'n Onklaar broeiseisoen

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Onklaar broeiseisoen Empty 'n Onklaar broeiseisoen

    Post by AmmieMoon Mon 12 Sep 2011, 11:05 pm



    ons het hierdie son-seisoen te min
    oor rotse geklouter, ek en jy;
    te skraal was ons bewe streling
    tydens soel nagte vol sweet en seks

    ons het die hitte van dae soos
    origami-vlinders gevou, losgelaat
    om deur bleekhemel-ure te sweef
    té vêr buite ons bereik

    ek en jy het voetpaadjies gekloof
    en beloof om saam die Grysstrandkiewiet
    se nes te bespied vir die eerste
    porseleinkoppies om uit te breek,
    maar het vreemd daarvan vergeet

    iewers tussen bokkom-bossies tel en mekaar
    se gedagtes deur lugspieëlings te lees,
    het ek en jy gefaal om somer se blinkoog pitte
    uit sopsap waatlemoene te spu

    en nou ?..nou spoel die nadraai van 'n
    swemseisoen klein jobbelbranders om ons enkels
    en die fynknyp happies van koue seestrome
    vries vuur teen ons bronstige lende

    (vrees nie my lief, ek sal somer 'n handvol nagte langer strek)



    © 2011 Almarie Truter
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    'n Onklaar broeiseisoen Empty Re: 'n Onklaar broeiseisoen

    Post by anderkant Mon 12 Sep 2011, 11:20 pm

    Ek is vandag seker bietjie TE analities: daar is vir my teenstrydigheid in hierdie vers. Onklaar: stukkend geraak of onvoltooi en ek vind altwee begrippe toepaslik. Sweet en seks - 'n vrou is hier aan die woord, dit klink te klinies; intimiteit ontbreek. Gepas dalk - dit het mos onklaar geraak - nooit voltooi, nooit daardie vlak bereik nie. "Vreemd daarvan vergeet". Nou kom ek te staan voor die slotreel: is hierdie iemand wat namens twee mense moet voel omdat daar by die een die nodige behoefte ontbreek? Ja, ek dink ek is TE analities. 'n Sonderlinge vers Ams.
    avatar
    Guest
    Guest


    'n Onklaar broeiseisoen Empty Re: 'n Onklaar broeiseisoen

    Post by Guest Mon 12 Sep 2011, 11:34 pm

    ............... dit is seermooi maanvrou
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Onklaar broeiseisoen Empty Re: 'n Onklaar broeiseisoen

    Post by AmmieMoon Tue 13 Sep 2011, 12:35 am

    Dankie Rudi en Nala...ek waardeer !

    a
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    'n Onklaar broeiseisoen Empty Re: 'n Onklaar broeiseisoen

    Post by Nico10 Tue 13 Sep 2011, 4:57 am

    Stem saam. Dis 'n pragtige vers. Lekker lees vers.

    Sponsored content


    'n Onklaar broeiseisoen Empty Re: 'n Onklaar broeiseisoen

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 5:03 pm