FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Ver verlore vir nou

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ver verlore vir nou Empty Ver verlore vir nou

    Post by Claira Summers Mon 09 Apr 2012, 1:57 am

    Rooi-oranje skroot
    breek lig uit moederskoot
    n haan wat kraai
    die oggend skoon gewaai
    geel-pienk die strale
    duisend nuwe tale
    verdwaal waai n wolk
    teen die skeidingsdraad
    van
    grou
    grys
    grond
    Van n aarde met skeidings
    tot skuiling
    teen jou lyndraad
    weeg die sand swaarder
    loop n glas stadig leeg
    is water brak
    in jou huis sonder dak
    ver blaf n hond
    wind waai n tolbos rond
    wie is jy vir my
    met jou voorbrand
    aan die boskant
    van jou
    harde
    holte
    hart
    Waar my vingers krul
    om die beton muur
    my blase brand
    teen jou koue winters vuur
    jy ontneem my
    van jou sagte blik
    jy weerhou my
    van jou ferm druk
    jy is vir my
    ver
    verlore
    vir nou

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ver verlore vir nou Empty Re: Ver verlore vir nou

    Post by Rudi Coetzer Tue 10 Apr 2012, 8:41 pm

    hou 1ste 2 reels is uitstaande en besonders.en werk uitstekend.
    in geheel is die gedig okay....maar ek dink dit sou veel beter gewees het as jy die een in vryevers gedig het.....die rym beperk jou te veel....en grens soms aan 'gedwonge'.....
    maar die hele 'idee' is goed en wat jy 'probeer' se....
    dink net die gedig verdien beter!
    dalk het jy lus om te 'speel' en dit oor te skryf in vrye vers....hou jou 1ste 2 reels vir die begin....en laat jouself dan net 'gaan' met die res....(al stick jy tot die oorspronklike boodskap..wees kreatief....[soos in die eerste twee reels!])
    Very Happy
    bounce

    en affraid my.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ver verlore vir nou Empty Re: Ver verlore vir nou

    Post by Claira Summers Tue 10 Apr 2012, 9:38 pm

    hlo Rudi. Dankie vir die lees, jy sal my nie glo nie maar die oorspronklike het glad nie gerym nie toe het ek nie die selfvertroue vir so vryevers ene nie!! sal hom ook opsit dan kyk ons ..... dankie ek sal. Speel jy ook bietjie laat ons sien wat toor jy op Wink
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ver verlore vir nou Empty Re: Ver verlore vir nou

    Post by Rudi Coetzer Tue 10 Apr 2012, 9:41 pm

    cool.plaas hom.
    hey!selfvertroue se gat!
    Jy kan mos skryf.
    (Psst!GLo in jouself!....buitendien:ons almal leer....en ons almal moet nuwe dinge probeer....dis al hoe ons dit onder die knie kry!)
    Laughing
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ver verlore vir nou Empty Re: Ver verlore vir nou

    Post by Claira Summers Tue 10 Apr 2012, 9:44 pm

    Sal onthou dankie, ek sal later vanaand plaas - derde vrag van huisraad en meubels vanoggend gekom, nadese gaan ek n gedig oor bokse skryf Crying or Very sad

    Sponsored content


    Ver verlore vir nou Empty Re: Ver verlore vir nou

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 3:59 am