FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Hierdie oomblik

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Hierdie oomblik Empty Hierdie oomblik

    Post by BennyB Mon 12 Sep 2011, 12:48 am

    jy hou my dop
    loer terwyl ek drentel
    hier waar geen mens
    nog vantevore was
    hier is geen teken of klank
    van die mens
    se selfsug
    sy EK

    my spore vee ek toe
    soos ek aan beweeg
    want ek mag nie skend
    of enigsins die balans versteur nie
    so groots

    laat my rus
    al is dit net vir nou
    in die skadu van die wonder
    laat my net vir ‘n wyle
    ‘n toeskouer wees
    klein in jou hand se palm

    laat my toe
    om net vir ‘n wyle
    te kan luister
    na jou sagte stem
    laat my die lied
    van jou hart hoor

    laat my net ‘n rukkie langer
    in jou arms lê
    sodat die wind
    my aan die slaap kan sus
    laat my net nou
    ‘n laaste keer groet
    ou vriende en geliefdes
    want my tyd het aangebreek

    dankbaar
    vir hierdie geleende oomblik
    waar ek nou
    in jou arms
    my oë kan toe maak
    en regtig rus en vrede vind

    ek staan klein
    en sê dankie
    vir hierdie oomblik
    saam met jou.

    BennyB
    ©11/06/2011 Barend Booysen


    avatar
    Guest
    Guest


    Hierdie oomblik Empty Re: Hierdie oomblik

    Post by Guest Mon 12 Sep 2011, 12:56 am

    wow pragtig, so nederig verwoord deur so n brilliante skrywer
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Hierdie oomblik Empty Re: Hierdie oomblik

    Post by AmmieMoon Mon 12 Sep 2011, 1:08 am

    Jimmel Ben....dis lieflik gepen....Jy wow my keer op keer !

    a
    avatar
    Besoeker
    Guest


    Hierdie oomblik Empty Re: Hierdie oomblik

    Post by Besoeker Mon 12 Sep 2011, 2:16 am

    interessant wisseltempo in die vers, wat die sin half wil koggel: Vanaf groots , na klein; vanaf die EK na 'klein in jou hand se palm' ; ens.
    Dit maak die eindstrofe , en spesefiek die'..dankie' deurslaggewend , en bring my tot soortgelyke gevolgtrekkings , as Ronel s'n

    Sponsored content


    Hierdie oomblik Empty Re: Hierdie oomblik

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 7:38 am