FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Freezeframe ( 22 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Freezeframe ( 22 )   Empty Freezeframe ( 22 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Mar 2012, 1:43 pm

    Die tabak
    bondel droogblaar
    uitasem warm
    en bros
    op die droograkke
    in die skuur .

    Op die plaashuis
    se stoep
    teug die boer tevrede
    diep ingedagte
    aan sy pyp .

    Die reuk van
    rum en maple
    hang swaar
    en soet in die lug .

    Dit was ‘n goeie jaar .



    ( 10/01/2009 00h40 )

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 10:59 pm