FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    “Slawe van Genade”

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    “Slawe van Genade” Empty “Slawe van Genade”

    Post by Claira Summers Mon 05 Mar 2012, 7:04 am

    Ons is die Slawe van Genade. Genade is al wat ons het. Dit Is al wat ons uit n donker tonnel van chaos hou. Aan ons is genade bewys omdat “Hy” geweet het dat sonder daardie klein woordjie wat soveel omvang het, ons heel waarskynlik nie baie ver sou kom nie.
    Genade begin wanneer ons in ons moederskoot in n stonde die halfdruppel bloed wat reeds in ons are is begin sirkuleer. Die oomblik van lewe wat soos n wonderwerk ontspring in die fyn amper onaantasbare onhoorbare hartklop wat ons vir die res van ons lewe van genade dra. Dit begin by die vergewing van die mens se sonde, die sterf aan die kruis en waar wanhoop so naby aan die lewende Messias verby skuur. “My God, My God waarom het U my verlaat ?” Net uit die genade, was dit ver van die waarheid. Hy ons Verlosser is juis dan die naaste aan ons God geneem. In die donkerste tye is ons eintlik die naaste aan God, sal Hy ons aan die hand neem en lei as ons net die hand uit steek.
    “Met n heerlike lang uitrek, word ek wakker met sonskyn op my gesig en die voëltjies wat buite in die bome n dank gesang fluister. Hulle fluisterstem-roep is duidelik hoorbaar vir die wat dankbaar is en genoeg. Die selfvoldane soeke van die wat glo die lewe is onbepaald n magsdeling tussen mense, sal die gesang misloop en daardeur die oggendstond se wonder nie ontvang nie. Selfs as jou oe vir n lang dag oopgaan na die rus en drome van soms baie donker nagte kan jy die genade smaak. Wanneer jy verblind is deur jou eie aansien en glans, is dit maar moeilik om God se wonders te waardeer en te besef dit is alles uit Genade.”
    Kyk na die dinge en gebeure in ons lewens wat deur God alleen gegee is. Wat deur geen mens uit wil alleen gedoen kon word nie. Die mens is maar een maal nie n baie vergewing gesinde wese nie. Hy wat mensekind is, kan definitief ook nie op ander eerstens fokus nie of eerste aan sy naaste dink voor homself nie. Daar is hier en daar n engel van genade tussen ons op aarde, dit is so min dat ek wonder waar hulle vandaan kom. Of God hierdie mense per ongeluk terug laat val het op aarde na hulle engele geword het. Daar is geen twyfel dat die gawe van naasteliefde en self offering weereens van God af kom en nie uit die menslike psige nie. Daarvoor is die slang te na aan ons harte! Verskuif jou energie mensekind, kyk om jou, jy is n slaaf van genade.
    Maak n punt daarvan om elke dag, net vir n kort rukkie om jou rond te kyk en jou lewe deur te trap en die spikkels genade in die kleurvolle kolk raak te sien. Dit wat oor jou en jou gesin en mense rondom jou gesprinkel is soos n bodemlose oliekruik. Jy is gesalf met genade mensekind en behoort ewige trou aan jou Skepper te sweer. Ewige dankbaarheid te betoon en daardeur die engelvlerke naastenby te kan betas. Wees soos die engele wat uit die hoogste geval het, net om vir die mens te kan bewys in watter wonder wêreld ons kon leef, as almal net besef het dat ons slawe van genade is en nie van die lewe wat ons probeer regverdig nie. Slawe omdat ons wil wees, omdat ons dankbaarheid ken en dit kan betoon maar nie altyd die rede om dankbaar te wees kan raaksien nie.
    Berus in jou lot mensekind, jy is n slaaf van genade.

    Claira Summers 2012/03/04

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 11:48 pm