FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    (Picnic - ) Genade

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    (Picnic - ) Genade Empty (Picnic - ) Genade

    Post by Rudi Coetzer Tue 01 Nov 2011, 2:40 am

    In die winter-oggend-stond
    met koue wat wasem
    uit jou mond

    wanneer rooivinke
    hulle veertjies
    in die riete pof
    en karpe
    stertklap in die water plof

    wanneer stoom uit die blikkoffiebeker
    tussen jou hande pluim

    is ek so dankbaar
    dat ek bewus is
    en al die beauty sien .


    ( 28/02/2010 11h18 )


      Current date/time is Tue 07 May 2024, 3:44 pm