FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jonk dood

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Jonk dood Empty Jonk dood

    Post by Barend Thu 01 Mar 2012, 2:54 pm

    Jonk dood

    Was jy al alleen in die reen
    het die wind jou al verskree
    wie het as kind jou lewe vir liefde doodgevee
    ek voel jou seer wens ek kon dit keer

    deur mense is jy as kind verniel
    al wat jy oor het 'n gebroke siel
    met ouers gepraat hul gevra vir raad
    instede van liefde word hul kwaad

    wie het dit laat gebeur
    wie laat toe dat mense kinders molesteer
    ken julle nie die pyn en smart
    kyk hoe maklik breek 'n kinderhart

    aande le jy sag en huil
    voel verlore voel erg vuil
    hoelank moet jy wag
    wag vir jou bevryidingsdag

    seer sal wel verby, die monster sy veroordeling kry
    gebroke is jou wese wel
    verlossing kom van hierdie hel.

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 3:50 pm