En wolk ek bo jou beautiful vrugbare aarde

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    En wolk ek bo jou beautiful vrugbare aarde

    Post by Rudi Coetzer on Mon 20 Feb 2012, 12:39 pm

    In die tussen-in
    oomblikke van my en jou
    wanneer ek soos ñ wattewit-wolk
    doelloos in die lewe
    se bloulug hang ,
    wag ek ongeduldig
    om onheilspellend
    grys-swart te word
    en donderend
    blitsend
    op te bou
    tot ek weer
    oor jou
    in jou
    kan reën .


    ( 16/03/2011 10h25 )

      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 7:13 am