FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Dink jy nog aan my

    Madri Cordier
    Madri Cordier


    Location | Ligging : Bethlehem
    Posts | Bydraes : 62
    Points | Punte : 176
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-26
    Age | Ouderdom : 47

    Dink jy nog aan my Empty Dink jy nog aan my

    Post by Madri Cordier Thu 26 Jan 2012, 8:15 pm

    Dink jy nog aan my as jy die son se strale op jou vel voel
    Dink jy nog aan my as die koue wind jou lyf omvou so koel
    Dink jy nog aan my as jy die smaak van sushi proe of onthou
    Dink jy nog aan my as jy mooi oë sien en dink aan my blou
    Want ek dink nog elke dag aan jou...

    Dink jy nog aan my as jy jou vingers deur jou kuif trek
    Dink jy nog aan my as jou vliegtuig opstyg en vertrek
    Dink jy nog aan my as die druppels val en jy reën ruik
    Dink jy nog aan my as jou spieëlbeeld sê jy lyk puik
    Want ek dink nog elke dag aan jou...

    Dink jy nog aan my en al ons onbenullige baie stry en baklei
    Dink jy nog aan my as jou wasgoed nat is en jy nie droogkry
    Dink jy nog aan my as jy 'n movie kyk en nie popcorn eet nie
    Dink jy nog aan my of kan jy my dalk ook nie vergeet nie
    Want ek dink nog elke dag aan jou...

    Dink jy nog aan my as jy gaan stap en 700 meter loop
    Dink jy nog aan my as jy sms, WhatsApp en airtime koop
    Dink jy nog aan my as jy wakker word en nog effens moeg is
    Dink jy nog aan my as jou voorkop frons van bekommernis
    Want ek dink nog elke dag aan jou...

    Dink jy nog aan my as jy gym en jou bokshandskoene aanhet
    Dink jy nog aan my as jy baie koffie drink en soveel dinge oplet
    Dink jy nog aan my borrellaggie as jy iemand sorgvry hoor lag
    Dink jy nog aan my as jy jou laptop uithaal, aanskakel en wag
    Want ek dink nog elke dag aan jou...

    © Madri Cordier

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 9:25 pm