Baby , my bekkie bokkie-blom
in oggend-dou
se skitterblink
wat met reënboog-ogies
vanaf spinnerak wink
sien ek woord-prentjies van jou
wat ritmies vloei
uit my hart se ink .
Baby , my bekkie bokkie-blom :
luister na die vleiloerie se roep
kyk hoe dans die flap in die wind
ruik hoe vars is die oggend-lug .
Baby , my bekkie bokkie-blom
jy sal my vind
onder die brug
by die rivier
halflyf in die water
besig om vir jou
sweet-nothings in happy-geel
teen die pilare te spray-paint .
( 17/11/2011 21h48 )
in oggend-dou
se skitterblink
wat met reënboog-ogies
vanaf spinnerak wink
sien ek woord-prentjies van jou
wat ritmies vloei
uit my hart se ink .
Baby , my bekkie bokkie-blom :
luister na die vleiloerie se roep
kyk hoe dans die flap in die wind
ruik hoe vars is die oggend-lug .
Baby , my bekkie bokkie-blom
jy sal my vind
onder die brug
by die rivier
halflyf in die water
besig om vir jou
sweet-nothings in happy-geel
teen die pilare te spray-paint .
( 17/11/2011 21h48 )