FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 40 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 40 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 40 )

    Post by Rudi Coetzer Tue 24 Jan 2012, 12:43 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    in oggend-dou
    se skitterblink
    wat met reënboog-ogies
    vanaf spinnerak wink
    sien ek woord-prentjies van jou
    wat ritmies vloei
    uit my hart se ink .

    Baby , my bekkie bokkie-blom :
    luister na die vleiloerie se roep
    kyk hoe dans die flap in die wind
    ruik hoe vars is die oggend-lug .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    jy sal my vind
    onder die brug
    by die rivier
    halflyf in die water
    besig om vir jou
    sweet-nothings in happy-geel
    teen die pilare te spray-paint .


    ( 17/11/2011 21h48 )

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 10:02 pm