FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Ons storie

    antieklimaks
    antieklimaks


    Location | Ligging : Centurion, Gauteng
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 57
    Join date | Datum aangesluit : 2011-12-07
    Age | Ouderdom : 58

    Ons storie Empty Ons storie

    Post by antieklimaks Fri 13 Jan 2012, 12:44 pm

    Terwyl die lewe verbyjaag
    En die dood vir elke een wag
    Terwyl die son sy weg oor die aardbol baan
    Terwyl die duiwel vir ons almal lag

    Draai ek om en om in my kop
    Die gedagtes wil net nie stop
    Dink ek aan jou
    En aan my
    En ons storie wat aanhou en uithou

    Sodra die besigheid optel
    Sodra die spaargeld genoeg is
    Sodra ons ‘n plaas kan bestel
    Sodra ons minder moeg is

    Draai die gedagtes om en om
    Word ek moeg van wag en glo en hoop
    Dink ek aan jou
    En aan my
    En ons storie wat aanhou en uithou
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ons storie Empty Re: Ons storie

    Post by AmmieMoon Fri 13 Jan 2012, 12:48 pm

    Ouch ! Hierdie voel soos 'n dolksteek in die hart ! Die hoop wat kwyn en die nimmereindigende wroeg deur alledaagse aanslag wat sy tol eis op 'n verhouding ! Goeie werk ! Like a Star @ heaven
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ons storie Empty Re: Ons storie

    Post by Rudi Coetzer Fri 13 Jan 2012, 4:03 pm

    hou hiervan.
    jyt die prentjie goed verwoord.
    (psst: moet net nie elke reel met n hoodletter begin nie..jy kan bv die eerste strofe begin met een .en dan daarna net strofes na n ( . )/punt

    goed gedoen.
    skryf nou maar meer.

    Sponsored content


    Ons storie Empty Re: Ons storie

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 10:54 pm