Vertel al hoe nugter jou storie alom
die wind suis deur riete die vallei le verstom
terwyl die Sederberge ‘n skadu kweek
en sagte klanke die donker oop breek
Dan sal jou oë die van ‘n ander verlei
totdat blare van wilgers hulself neer vlei
Ontnugter staan stil en kyk na jouself
totdat golwe die branders soos een verswelg
die sonstrale swak word en eindelik sterf
sal jou pragtige glimlag nog ‘n siel werf
Vertel al hoe nugter jou storie alom
tyd van die ribbok en sonbesies kom
die stilte van nag wanneer alles gaan slaap
kan jou lieflike hart nog ‘n traan op raap
tyd van die skeidslyn en wit skilderdoek
tyd om na liefde en aanvaarding te soek
Vertoef nog ‘n wyl met die storie van jou
staan stil en luister na wat ek onthou
verdrukkende woorde in stiltes van pas
pak jou so suutjies in my bondeltjie tas
Hoor jy verstaan jy die storie van jou
kyk jy en sien jy met jou oë so grou
Droë blomme in die tuin van sondelas
dooie gras staan skouer hoog, waai teen ons vas
grys verlepte blare deur die winter wind
om te saai dan te ploeg sal geen vreugde vind
tot die son en die reën hul verskille uitstryk
is die siel in liggaam ‘n glas dooie lyk
sal daar niks groei op die sand bank vir ewig en nou
Luister stil na die storie van my en van jou