FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ek val steeds

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ek val steeds Empty Ek val steeds

    Post by Rudi Coetzer Mon 09 Jan 2012, 2:45 pm

    Eers vat jy my
    op ʼn journey
    deur die gerepte valleie
    van jou siel

    laat jy my drink
    uit die fonteine van jou being .

    Ken ek jou
    lank voor ek jou gesien het
    en weet ek gou
    jy is diè een .

    Ja,ek het elke woord
    van jou ongepubliseerde hartsbiografiè gelees
    wat jy met onwillige bewende hand
    met deurskynende ink
    in sierskrif geskryf het
    teen die twyfelmure
    van jou binneste

    en agter die dof
    van jou ongesiene oë
    buite sig van even jouself
    het ek geweet
    is daar die mooiste blink wat wag

    en iewers agter die donker wolke
    van jou donker nag
    het ek gesien
    is daar ʼn volmaan wat wag .

    En kon ek ook die flikkervlam
    van hoop sien brand
    diep in die skag
    van jou liefde

    daardie vlam van jou
    het ek onweerstaanbaar gevind
    en sonder koplamp
    en sonder tou
    het ek teen die nat gladde wande
    begin afklim
    tot waar jou flikkervlam
    al hoe helderder
    begin brand het
    en ek die hitte
    daarvan gevoel het .

    Vir ʼn oomblik het ek ontspan
    my oë gesluit
    sodat die hitte van jou flikkervlam
    die koue uit my seer
    bebloede vingers kon verdryf

    dis toe dat ek my grip verloor
    en regaf val
    naarstiglik grypend
    soekend
    na vashouplek .

    Ek v
    a
    l
    steeds

    w
    e
    g

    weg van jou flikkervlam.



    ( 06/12/2007 00h17 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 12:25 pm