My lens het lewe diep binne my
tot bitter nasmaak, in volk en vaderland,
vervorm.
...
Realiteit het daagliks
in hart en siel resoneer.
Die skeidslyn 'n kontras
van my taal,
my mense,
my land,
my geskiedenis,
die draadsittery en traak-my-nie-bestaan.
Woorde en gedagtes het verengels.
My bestaan en menswees (soos by baie ander)
het in opstand gekom.
Andersdenkendes, andersgesindes
(oopkop kinders)
het geboorte gegee
aan 'n alternatiewe Afrikaner
wat kon opstaan
en wegbreek
uit die dogma se ' Groot trek '
Vandag staan ek steeds stom:
steeds is ons verdeeld,
broer teen broer,
deur politiek, geloof en taal gevuur.
Ek wonder tog
of ons sal kan opstaan
'' vanuit die skaamlippe van Afrikaans ''
BennyB
© 28/12/2011 Barend Booysen