FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Hou my nederig Vader!

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Hou my nederig Vader! Empty Hou my nederig Vader!

    Post by Manie Jackson Thu 08 Sep 2011, 7:30 pm

    Die mensdom skree vrede
    Dien gode, klip, geen rede!
    Kerke bou
    Mooi dienste hou
    Vereer kersbome
    Prys die god van Rome?
    Is dit dan to U eer?
    Waar het hulle dit geleer?!!
    Dienaars van die nag
    Preekstoel, elke dag!

    Godsdiens onder elke dak
    Probeer Die Heilige tot ons vervlak!
    Hulself godsdienstig bedrieg
    Op U heiligheid spuug
    Glo net om goed te wees
    Maar sonder waarheid of Gees!
    Wat sal van die wereld word?
    Die mense in elende stort?
    Hou my afwagtend Vader
    Laat U more Nader!

    YHWH, my lamp in die donker uur
    Hoe lank sal die nag nog duur?
    Wil ek skuil in U lig
    Na die verste rant van U genade vlug!
    Wie is ek onreine mens?
    Om vir U lig te wens?
    U genade is my genoeg
    ‘n Vuurtoring as ek wroeg
    My siel en gees is gered
    Verlos van vlees die smet.

    Op my kniee voor U staan
    Ewig biddend waar ek gaan!
    Buig my siel ewig dankbaar
    Laag gebuk voor U altaar.
    Verlos van smaad.
    Weg van bose raad.
    Vrees nie om te sterwe
    Niks, die wat die vlees bederwe.
    Wil U prys en aanbid
    Onder die vleuels van U genade sit.






    Manie Jackson. 3/12/09

      Similar topics

      -

      Current date/time is Mon 20 May 2024, 8:07 am