FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die huis van Amanda-Marie

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Die huis van Amanda-Marie Empty Die huis van Amanda-Marie

    Post by anderkant Thu 15 Dec 2011, 3:33 pm

    toe al's nog Nederduits
    en Gereformeerd was
    en mens 'n tollie kon koop
    om self te slag;

    nog vóór “ 'n Kas is vir klere”
    en “'n Pastoor in my kop”;
    dekades voor “Toeval”
    en 'n leeftyd ná “Vreemde Liefde”,

    toe reeds was ek man
    in die huis van Amanda-Marie;
    toe reeds was dit gesproke en onverbiddelik
    - nie in haar huis nie!

    in die strate was daar dwelms
    - is daar steeds,
    ja, dwelms, vigs, hepatitis
    en yskoue liefde

    genade, God's genade,
    ek is mens, ek is man;
    al's dieselfde én alles anders,
    ja, God's genade wat my ook seën.

    © 2011 Rudi Prinsloo[u]
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Die huis van Amanda-Marie Empty Re: Die huis van Amanda-Marie

    Post by SWERWER Thu 15 Dec 2011, 7:15 pm

    Beste anderkant,

    Weereens is dit met n groot mate van opgewondenheid dat ek jou werk oopmaak om te lees... en dit stel glad nie teleur nie!

    Dit is waar dat hoe meer dinge verander hoe meer bly hulle dieselfde. Die einigste verskil is dat tye verander en mense se houdings verander.

    En daar, as dit nie vir God se genade is/was nie gaan ek en jy en Ammie en...en..

    Weereens is die manier hoe jy jou stofes opstel so tussen die oud en die nuwe vir my treffend. Daar is ook vir my spanning tussen A-M, jou as man en " nie in haar huis nie" en ek kan net aflei dat haar huis onverbiddelik konserwatief is/was. Tog is dinge nog dieselde en alles anders en ek kan nie hiervan aflei of dit A-M of die sameleweing is nie. Hopelik alby! :-)

    Ek is gek oor die idee dat jy voel dat God jou ook seen. Ek vermoed dat jy, soos alle mense, by uitstek dit verdien en dit waardig is.

    Dankie vir "stunning werk". Dit maak my dag! Gebruik ek nou n Engelse woord want dit pas so mooi by wat ek wil se.

    SWERWER

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 9:44 pm