FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Die dawer van oorverdowende stilte

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die dawer van oorverdowende stilte Empty Die dawer van oorverdowende stilte

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Dec 2011, 2:09 pm

    Die stil donker
    dawer vannag oorverdowend
    en die kers
    se flikker-vlam
    kondig luidrugtig
    sy laaste paar sekondes
    hortend aan .

    Iewers in my donker huis
    duidelik drup ñ kraan

    op die dak hoor
    ek die voetval van ñ muis .

    In die halflig
    van die sekelmaan
    op my bebaarde gesig
    blink ñ traan .


    ( 25/01/2011 01h05 )
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Die dawer van oorverdowende stilte Empty Re: Die dawer van oorverdowende stilte

    Post by Torm Thu 15 Dec 2011, 2:36 pm

    Ek hou hiervan. Lekker diepte. Ek dink dit is kragtige beeldspraak oor eensaamheid.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die dawer van oorverdowende stilte Empty Re: Die dawer van oorverdowende stilte

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Dec 2011, 3:08 pm

    ..en hunkering..verlange..mis..
    smile.
    AG baie dankie Torm.
    Very Happy
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Die dawer van oorverdowende stilte Empty Re: Die dawer van oorverdowende stilte

    Post by SWERWER Thu 15 Dec 2011, 7:27 pm

    Beste Rudi,

    Ek moet bieg ou grote! Jy skryf baie werk wat ek nie altyd by kan uitkom nie. Ek verstom my vir die volume wat jy kan uitsit. Ek lees nie altyd die verdere weergawes nie omdat ek meen dat dit afbreek doen aan die eerste kern gedagte/ vers / skependheid.

    Hoe ookal wil ek vir jou se dat daar van jou werk is wat ek baie geniet soos die een hierbo. Oorpronklik, kragtig en pragtig aanmekaar gesit. Die eerste stofe waarin jy die afsterwe van n kers beskryf is net eenvoudig vir my met soveel "panash" gedoen dat my vel kruwel van lekkerky.

    Ek ken daardie laatnag se gatvol en hartseer verlang wat n mens so kluister dat jy die klein dingetjies sien en hoor in jou onmiddelike omgewing. Sug!!

    Neem maar jou buiging vir nog een van daai " out of left field" juwele.

    SWERWER
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die dawer van oorverdowende stilte Empty Re: Die dawer van oorverdowende stilte

    Post by Rudi Coetzer Mon 19 Dec 2011, 12:07 pm

    Very Happy
    baie dankie Swerwer...
    (gelukkig is n gedigte nie soos moevies nie...en is daar soms wel verdere weergawes wat net so goed of selfs beter is as die oorspronklike....).
    Waardeer jou ondersteuning en kommentaar.

    Sponsored content


    Die dawer van oorverdowende stilte Empty Re: Die dawer van oorverdowende stilte

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:21 am