a capella sing die koor
soos engele
begelei deur slegs die eggo
van stemme teen 'n tydlose
kunswerk koepel -
moes eers my bril opsit
loer deur swaar fluweel:
dit lyk maar net soos mense
ingeglip in die Jesuïte katedraal
die deur staan oop
mense en engele is welkom
maar min toeriste -
daar is geen advertensies nie
onder Pilatus se wakende oog
sy hande en voete in sneeuwater gewas
kruip die skaam katedraal weg;
stel jou voor jou 8 tot 5
was om die katedraal te versier -
dit laat my huil
tussen 2011 se sak en as:
pienk, turkoois en goud
is realisties hier
die plafon te groot en hoog
om ooit te ontrafel
maar die koor oefen ongestoord
buite die deur wag vlees en bloed
Switserland se koue Banke en roet
gee my eerder weer hierdie deur
ek wil aanhou loer na ʼn heel ander kleur
©Torm 2011